Prefek (Frankryk)

Uniform pet van 'n Franse préfet

'n Prefek (Frans: préfet) in die Franse regeringstelsel is die Franse staat se verteenwoordiger 'n département of région. Onder-prefekte (Frans: sous-préfets) is verantwoordelik vir die onderafdelings van départemente, arrondissements. Die kantoor van 'n prefek staan as 'n prefektuur (Frans: préfecture) bekend en die van 'n Onder-prefek 'n onder-prefektuur (Frans: sous-préfecture). Die prefek van die département wat die hoofstad van die région (Frans chef-lieu de région) bevat, is ook die préfet de région, of te wel die prefek van die région.

Prefekte werk onder die Minister van Binnelandse Sake en hulle pligte sluit in verteenwoordiging van die staat aan plaaslike regerings, sekuriteit, koördinering van die polisie en gendarmerie magte, hantering van groot kriesisse en nood burgerbeskerming prosedures, veiligheid, verantwoordelikheid vir amptelike dokumente soos identitietskaarte en paspoorte, bestuurslisensies, toepassing van immigrasie reëls en die toesien na wetshandhawing. Prefekte kan administratiewe bevele uitvaardig in gebiede wat onder die competency van die nasionale regering val insluitend algemene veiligheid. Prefekte dra tydens amptelike geleenthede uniforms.

Die amp van prefek is in 1800 na die Franse Rewolusie deur Napoleon Bonaparte geskep. Op daardie stadium was prefekte die administrateurs van die départements wat tydens die rewolusie geskep is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search